We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: the human face of God

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 45:1-18.

Index: Afrikaans

 

Psalms 45

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

45:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. Van die kinders van Korag. ‘n Onderwysing. ‘n Lied van die liefde.

45:2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande ‘n Koning; my tong is die pen van ‘n vaardige skrywer.

45:3 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.

45:4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;

45:5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!

45:6 U pyle is skerp,Volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.

45:7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is ‘n regverdige septer.

45:8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.

45:9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.

45:10 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.

45:11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;

45:12 en as die Koning u skoonheid begeer- want Hy is u Heer- buig u dan voor Hom neer.

45:13 En, o dogter van Tirus- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.

45:14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.

45:15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.

45:16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.

45:17 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.

45:18 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.