We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Have you kept your promise to God?

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 80:1-20.

Index: Afrikaans

 

Psalms 80

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

80:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. ‘n Getuienis. Van Asaf. ‘n Psalm.

80:2 o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die gérubs troon, verskyn in ligglans!

80:3 Wek u mag op voor Efraim en Benjamin en Manasse, en kom ons te hulp!

80:4 o God, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

80:5 o HERE, God van die leërskare, hoe lank nog rook u toorn by die gebed van u volk?

80:6 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.

80:7 U het ons ‘n voorwerp van stryd gemaak vir ons bure, en ons vyande drywe die spot.

80:8 o God van die leërskare, herstel ons, en laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!

80:9 ‘n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.

80:10 U het voor hom plek gemaak, en hy het wortels geskiet en die land vervul.

80:11 Die berge was oordek met sy skaduwee, en met sy ranke die seders van God.

80:12 Hy het sy ranke uitgebrei tot by die see en sy lote na die Rivier toe.

80:13 Waarom het U sy mure stukkend gebreek, sodat almal wat met die pad verbygaan, hom kaalpluk?

80:14 Die wildevark uit die bos eet hom op, en wat roer op die veld, wei hom af.

80:15 o God van die leërskare, kom tog terug; aanskou uit die hemel en kyk, en gee ag op hierdie wingerdstok;

80:16 en wees ‘n beskerming vir wat u regterhand geplant het, en oor die seun wat U vir Uself grootgemaak het.

80:17 Hy is met vuur verbrand, hy is afgekap; vanweë die dreiging van u aangesig kom hulle om.

80:18 Laat u hand wees oor die man van u regterhand, oor die menseseun wat U vir Uself grootgemaak het.

80:19 Dan sal ons nie van U afwyk nie; hou ons in die lewe, dan sal ons u Naam aanroep.

80:20 o HERE, God van die leërskare, herstel ons; laat u aangesig skyn, sodat ons verlos kan word!