We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

If God is your Copilot - swap seats!

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 69:1-37.

Index: Afrikaans

 

Psalms 69

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

69:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Lelies. ‘n Psalm van Dawid.

69:2 Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.

69:3 Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.

69:4 Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.

69:5 Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.

69:6 o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.

69:7 Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!

69:8 Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.

69:9 Vreemd het ek vir my broers geword en ‘n onbekende vir die seuns van my moeder.

69:10 Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.

69:11 Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.

69:12 Ek het ook ‘n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle ‘n spreekwoord geword.

69:13 Die wat in die poort sit, praat van my- ook die spotlied van die wat sterk drank drink.

69:14 Maar ek- my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!

69:15 Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.

69:16 Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!

69:17 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.

69:18 En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!

69:19 Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.

69:20 U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.

69:21 Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.

69:22 En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

69:23 Laat hul tafel voor hulle ‘n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, ‘n strik.

69:24 Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.

69:25 Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.

69:26 Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.

69:27 Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.

69:28 Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.

69:29 Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.

69:30 Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!

69:31 Ek wil die Naam van God prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging;

69:32 en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.

69:33 As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!

69:34 Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.

69:35 Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.

69:36 Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.

69:37 En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.