We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: All roads lead to tragedy - except one

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 88:1-19.

Index: Afrikaans

 

Psalms 88

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

88:1 ‘n Lied, ‘n Psalm van die kinders van Korag, Vir die musiekleier; op die wysie van: Máhalat leannot. ‘n Onderwysing van Heman, die Esrahiet.

88:2 HERE, God van my heil, bedags roep ek, in die nag is dit voor U.

88:3 Laat my gebed voor u aangesig kom, neig u oor tot my smeking.

88:4 Want my siel is sat van teëspoede, en my lewe raak aan die doderyk.

88:5 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos ‘n man sonder krag,

88:6 vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand.

88:7 U het my gesit in die kuil diep daaronder, in duisternisse, in dieptes.

88:8 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.

88:9 U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie.

88:10 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.

88:11 Kan U aan die dooies ‘n wonder doen? Of kan skimme opstaan, kan hulle U loof? Sela.

88:12 Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering?

88:13 Kan u wondermag in die duisternis bekend word en u geregtigheid in die land van vergetelheid?

88:14 Maar ék, HERE, roep U aan om hulp, en in die môre kom my gebed U tegemoet.

88:15 HERE, waarom verstoot U my siel, verberg U u aangesig vir my?

88:16 Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos.

88:17 U toorngloed het oor my gegaan; u verskrikkinge vernietig my;

88:18 die hele dag omring hulle my soos water, saam omsingel hulle my.

88:19 U het vriend en metgesel ver van my verwyder; my bekendes is duisternis.