We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Worry is the darkroom in which negatives can develop.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 147:1-20.

Index: Afrikaans

 

Psalms 147

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

147:1 Loof die HERE, want dit is goed om onse God te besing, ja lieflik; ‘n loflied is gepas!

147:2 Die HERE bou Jerusalem op; Hy versamel van Israel die wat verdryf is.

147:3 Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.

147:4 Hy bepaal die getal van die sterre; Hy gee hulle almal name.

147:5 Onse Here is groot en ryk aan krag; sy verstand is oneindig.

147:6 Die HERE rig die ootmoediges weer op; die goddelose mense verneder Hy tot die grond toe.

147:7 Sing ‘n danklied tot eer van die HERE, psalmsing tot eer van onse God met die siter;

147:8 wat die hemel met wolke oordek, wat vir die aarde reën berei, wat op die berge gras laat uitspruit,

147:9 wat aan die vee hulle voedsel gee, aan die jong rawe as hulle roep.

147:10 Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie.

147:11 Die HERE het ‘n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.

147:12 o Jerusalem, prys die HERE! o Sion, loof jou God!

147:13 Want Hy het die grendels van jou poorte sterk gemaak; Hy het jou kinders binne-in jou geseën.

147:14 Hy wat aan jou grondgebied vrede verskaf, wat jou versadig met die beste van die koring,

147:15 wat sy bevel na die aarde stuur- sy woord loop baie vinnig.

147:16 Hy gee sneeu soos wol; Hy strooi ryp soos as.

147:17 Hy werp sy ys heen soos stukke- wie kan bestaan voor sy koue?

147:18 Hy stuur sy woord en laat hulle smelt; Hy laat sy wind waai- die waters loop.

147:19 Hy maak aan Jakob sy woorde bekend, aan Israel sy insettinge en sy verordeninge.

147:20 So het Hy aan geen enkele nasie gedoen nie; en sy verordeninge, dié ken hulle nie. Halleluja!