We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Death: the end of excuses, the beginning of eternity

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 56:1-14.

Index: Afrikaans

 

Psalms 56

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

56:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die Duif van die ver Terebinte. Van Dawid. ‘n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat.

56:2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.

56:3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.

56:4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.

56:5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?

56:6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.

56:7 Hulle val aan, lê en loer- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.

56:8 Ondanks hul ongeregtigheid- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!

56:9 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?

56:10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.

56:11 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.

56:12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan ‘n mens my doen?

56:13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;

56:14 want U het my siel gered van die dood- ja, my voete van struikeling- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.