We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: Everything else will fade

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 17:1-15.

Index: Afrikaans

 

Psalms 17

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

17:1 HERE, hoor ‘n regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.

17:2 Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.

17:3 U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.

17:4 Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woord van u lippe die paaie van die geweldenaar vermy.

17:5 My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.

17:6 Ek roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!

17:7 Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!

17:8 Bewaar my soos ‘n oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels

17:9 teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.

17:10 Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.

17:11 Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.

17:12 Hy is soos ‘n leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ‘n jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.

17:13 Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;

17:14 met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarvan nog sat is, wat weer hul oorskot aan hulle kinders laat agterbly.

17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.