We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus rights wrongs

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 104:1-35.

Index: Afrikaans

 

Psalms 104

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

104:1 Loof die HERE, o my siel! HERE my God, U is baie groot! Met majesteit en heerlikheid is U bekleed-

104:2 wat Uself omhul met die lig soos met ‘n kleed, wat die hemel uitspan soos ‘n tentdoek;

104:3 wat sy solders bou in die waters, wat van die wolke sy wa maak, wat op die vleuels van die wind wandel,

104:4 wat van die winde sy boodskappers maak, van vuurvlamme sy dienaars.

104:5 Hy het die aarde gegrond op sy grondveste, sodat dit vir ewig en altyd nie wankel nie.

104:6 U het dit met die wêreldvloed soos met ‘n kleed oordek; die waters het bo-oor die berge gestaan.

104:7 Vir u dreiging het hulle gevlug, vir die stem van u donder het hulle weggeskrik-

104:8 berge het opgerys, laagtes het weggesak- na die plek wat U vir hulle reggemaak het.

104:9 ‘n Grens het U gestel waar hulle nie oor mag gaan nie; hulle mag die aarde nie weer oordek nie.

104:10 Hy wat die fonteine uitstuur in die holtes: tussen die berge loop hulle deur.

104:11 Hulle laat al die diere van die veld drink; die wilde-esels les hulle dors.

104:12 By hulle woon die voëls van die hemel; tussen die takke uit laat hulle die stem hoor.

104:13 Hy laat die berge drink uit sy boonste kamers; die aarde word versadig uit die vrug van u werke.

104:14 Hy laat gras uitspruit vir die diere en die plante tot diens van die mens: om broodkoring uit die aarde te laat voortkom,

104:15 en dat wyn die mens se hart kan bly maak; om die aangesig te laat blink van olie, en dat brood die mens se hart kan versterk.

104:16 Die bome van die HERE word versadig, die seders van die Líbanon wat Hy geplant het;

104:17 waar die voëls hulle neste maak, die ooievaar wie se huis die sipresse is.

104:18 Die hoë berge is vir die steenbokke, die rotse is ‘n skuilplek vir die dasse.

104:19 Hy het die maan gemaak vir die vaste tye; die son ken sy tyd om onder te gaan.

104:20 U beskik die duisternis, en dit word nag, waarin al die diere van die bos uitkruip.

104:21 Die jong leeus brul om roof en begeer hulle voedsel van God.

104:22 As die son opgaan, dan trek hulle hul terug en gaan lê in hul slaapplekke.

104:23 Die mens gaan uit na sy werk en na sy arbeid tot die aand toe.

104:24 Hoe talryk is u werke, o HERE! U het hulle almal met wysheid gemaak; die aarde is vol van u skepsele!

104:25 Daar is die see, groot en alkante toe wyd- daar is ‘n gewemel sonder getal, klein diere saam met grotes.

104:26 Daar gaan die skepe en die Leviátan wat U geformeer het om daarin te speel.

104:27 Hulle almal wag op U, dat U hulle voedsel kan gee op die regte tyd.

104:28 U gee dit aan hulle, hulle tel dit op; U maak u hand oop, hulle word versadig met die goeie.

104:29 U verberg u aangesig, hulle word verskrik; U neem hulle asem weg, hulle sterwe en keer terug tot hul stof.

104:30 U stuur u Gees uit, hulle word geskape; en U maak die gelaat van die aarde nuut.

104:31 Laat die heerlikheid van die HERE vir ewig wees, laat die HERE bly wees oor sy werke,

104:32 Hy wat die aarde aankyk, en dit bewe; Hy raak die berge aan, en hulle rook.

104:33 Ek wil sing tot eer van die HERE solank as ek lewe, ek wil psalmsing tot eer van my God solank as ek daar is.

104:34 Mag my oordenking Hom welgevallig wees; ék sal bly wees in die HERE!

104:35 Mag die sondaars omkom van die aarde en die goddelose mense nie meer wees nie! Loof die HERE, o my siel! Halleluja!