We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The thankful heart sees the best part of every situation. It sees problems and weaknesses as opportunities, struggles as refining tools, and sinners as saints in progress.
Francis Frangipane

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 59:1-18.

Index: Afrikaans

 

Psalms 59

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

59:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. ‘n Gedig, toe Saul gestuur het en hulle die huis laat bewaak het om hom dood te maak.

59:2 Red my van my vyande, o my God! Beskerm my teen my teëstanders!

59:3 Red my van die werkers van ongeregtigheid, en verlos my van die manne van bloed!

59:4 Want kyk, hulle lê en loer op my lewe; sterkes val my aan, sonder oortreding en sonder sonde van my kant, o HERE!

59:5 Buiten my skuld hardloop hulle en maak hulle klaar. Ontwaak, my tegemoet, en kyk!

59:6 Ja U, HERE, God van die leërskare, God van Israel, word wakker om oor al die heidene besoeking te doen; wees al die ongeregtige trouelose nie genadig nie! Sela.

59:7 Elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

59:8 Kyk, hulle smaal met hul mond; swaarde is op hulle lippe, want- wie sou dit hoor?

59:9 Maar U, o HERE, lag oor hulle; U spot met al die heidene.

59:10 My Sterkte, op U wil ek wag, want God is my rotsvesting.

59:11 My genadige God sal my tegemoetkom; God sal my op my vyande laat neersien.

59:12 Moet hulle nie ombring nie, sodat my volk dit nie vergeet nie: laat hulle rondswerwe deur u krag, en werp hulle neer, o Here, ons Skild!

59:13 Sonde van hulle mond is die woord van hulle lippe; laat hulle dan gevang word in hul trots, en vanweë die vloek en die leuen wat hulle vertel.

59:14 Vernietig hulle in grimmigheid, vernietig hulle, sodat hulle daar nie meer is nie; en laat hulle weet dat God heers in Jakob, tot by die eindes van die aarde! Sela.

59:15 En elke aand kom hulle terug; hulle huil soos honde en dwaal deur die stad.

59:16 Húlle swerwe rond om voedsel te soek; as hulle nie versadig word nie, vertoef hulle die hele nag.

59:17 Maar ék sal sing van u sterkte en elke môre jubel oor u goedertierenheid, want U was ‘n rotsvesting vir my en ‘n toevlug in die dag toe ek benoud was.

59:18 My Sterkte, tot u eer wil ek psalmsing, want God is my rotsvesting, my genadige God.