We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Life: the ball's in your court. After death: it's God's turn

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 90:1-17.

Index: Afrikaans

 

Psalms 90

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

90:1 ‘n Gebed van Moses, die man van God. Here, U was vir ons ‘n toevlug van geslag tot geslag.

90:2 Voordat die berge gebore was en U die aarde en die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is U God.

90:3 U laat die mens terugkeer tot stof en sê: Keer terug, o mensekinders!

90:4 Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos ‘n nagwaak.

90:5 Weggespoel het U hulle; hulle word ‘n slaap; in die môre is hulle soos die gras wat weer uitspruit:

90:6 in die môre bloei dit en spruit weer uit; in die aand sny ‘n mens dit af, en dit verdor.

90:7 Want ons vergaan deur u toorn, en deur u grimmigheid word ons verskrik.

90:8 U stel ons ongeregtighede voor U, ons verborge sondes in die lig van u aangesig.

90:9 Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos ‘n gedagte.

90:10 Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

90:11 Wie ken die sterkte van u toorn en u grimmigheid, ooreenkomstig die vrees wat aan U verskuldig is?

90:12 Leer ons om ons dae so te tel dat ons ‘n wyse hart mag bekom!

90:13 Keer terug, HERE! Tot hoe lank? En ontferm U oor u knegte.

90:14 Versadig ons in die môre met u goedertierenheid, sodat ons kan jubel en bly wees in al ons dae.

90:15 Maak ons bly na die dae waarin U ons verdruk het, na die jare waarin ons onheil gesien het.

90:16 Laat u werk vir u knegte sigbaar word en u heerlikheid oor hulle kinders.

90:17 En laat die lieflikheid van die HERE onse God oor ons wees, en bevestig die werk van ons hande oor ons, ja, die werk van ons hande, bevestig dit!