We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

You can fool yourself. You can never fool God

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 51:1-21.

Index: Afrikaans

 

Psalms 51

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

51:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid,

51:2 toe die profeet Natan na hom gekom het, nadat hy by Bátseba ingegaan het.

51:3 Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid.

51:4 Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde.

51:5 Want ék ken my oortredinge, en my sonde is altyddeur voor my.

51:6 Teen U alleen het ek gesondig en gedoen wat verkeerd is in u oë, sodat U regverdig kan wees as U spreek, rein as U gerig hou.

51:7 Kyk, in ongeregtigheid is ek gebore, en in sonde het my moeder my ontvang.

51:8 Kyk, U het ‘n welgevalle aan waarheid in die binneste, en in die verborgene maak U aan my wysheid bekend.

51:9 Ontsondig my met hisop, dat ek kan rein wees; was my, dat ek witter kan wees as sneeu.

51:10 Laat my vreugde en blydskap hoor; laat die gebeente juig wat U verbrysel het.

51:11 Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede.

51:12 Skep vir my ‘n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ‘n vaste gees.

51:13 Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie.

51:14 Gee my weer die vreugde van u heil, en ondersteun my deur ‘n gewillige gees.

51:15 Ek wil die oortreders u weë leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer.

51:16 Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! Laat my tong u geregtigheid uitjubel.

51:17 Here, open my lippe, dat my mond u lof kan verkondig.

51:18 Want U het geen lus in slagoffer nie, anders sou ek dit gee; in brandoffer het U geen behae nie.

51:19 Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!

51:20 Doen goed aan Sion na u welbehae; bou die mure van Jerusalem op.

51:21 Dan sal U ‘n welbehae hê in die offers van geregtigheid, in brandoffer en voloffer; dan sal hulle stiere offer op u altaar.