We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: Everything else will fade

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 109:1-31.

Index: Afrikaans

 

Psalms 109

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

109:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. ‘n Psalm. o God van my lof, moenie swyg nie!

109:2 Want hulle het die mond van die goddelose en die mond van bedrog teen my oopgemaak; hulle het met my gespreek met ‘n leuenagtige tong,

109:3 en my met woorde van haat omring; ja, hulle het my sonder oorsaak beveg.

109:4 Vir my liefde behandel hulle my vyandig, terwyl ek tog gedurig bid.

109:5 En hulle het my kwaad vir goed opgelê en haat vir my liefde.

109:6 Stel ‘n goddelose oor hom en laat ‘n teëstander staan aan sy regterhand.

109:7 As hy geoordeel word, laat hom as skuldige uitgaan, en laat sy gebed sonde word.

109:8 Laat sy dae min wees; laat ‘n ander sy amp neem.

109:9 Laat sy kinders wese word en sy vrou ‘n weduwee;

109:10 en laat sy kinders oral rondswerwe en bedel en brood soek, weg van hulle puinhope af.

109:11 Laat die skuldeiser alles neem wat hy het, en laat vreemdes sy goed buitmaak.

109:12 Laat hom niemand hê wie se guns bestendig is, en laat niemand hom oor sy wese ontferm nie.

109:13 Laat sy nakomelinge uitgeroei word; laat hulle naam uitgedelg word in die volgende geslag.

109:14 Laat die HERE gedagtig wees aan die ongeregtigheid van sy vaders, en laat die sonde van sy moeder nie uitgedelg word nie.

109:15 Laat dié altyddeur voor die HERE wees, dat Hy hulle gedagtenis van die aarde af kan uitroei;

109:16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.

109:17 Ja, hy het die vloek liefgehad en- dit het oor hom gekom; en hy het geen welbehae gehad in die seën nie en- dit het ver van hom af gebly.

109:18 Hy het die vloek aangetrek soos ‘n kleed en- dit het soos water in sy binneste gekom en soos olie in sy gebeente.

109:19 Laat dit vir hom wees soos ‘n kleed waarin hy hom toedraai, en ‘n gordel wat hy altyddeur ombind.

109:20 Laat dit die loon van my teëstanders wees vanweë die HERE, en van hulle wat kwaad spreek teen my.

109:21 Maar U, o HERE Here, maak dit goed met my om u Naam ontwil; omdat u goedertierenheid goed is, red my.

109:22 Want ek is ellendig en behoeftig, en my hart is deurwond in my binneste.

109:23 Ek gaan heen soos ‘n skaduwee as dit lank word; ek is afgeskud soos ‘n sprinkaan.

109:24 My knieë knik van vas, en my vlees het maer geword, sonder vet.

109:25 En ék het vir hulle ‘n smaad geword; as hulle my sien, skud hulle hul hoof.

109:26 Help my, HERE my God! Verlos my na u goedertierenheid,

109:27 sodat hulle kan weet dat dit u hand is: U, o HERE, het dit gedoen.

109:28 Laat húlle vloek, maar U, seën U. Hulle het opgestaan en beskaamd geword, maar u kneg is bly.

109:29 Laat my teëstanders beklee word met smaad en hulle toedraai in hul skande soos in ‘n mantel.

109:30 Ek sal die HERE hardop loof met my mond, en onder baie sal ek Hom prys;

109:31 want Hy staan aan die regterhand van die behoeftige om hom te verlos van die wat hom veroordeel.