We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

God: He holds the future...

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 103:1-22.

Index: Afrikaans

 

Psalms 103

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

103:1 ‘n Psalm van Dawid. Loof die HERE, o my siel, en alles wat binne-in my is, sy heilige Naam!

103:2 Loof die HERE, o my siel, en vergeet geeneen van sy weldade nie!

103:3 Wat al jou ongeregtigheid vergewe, wat al jou krankhede genees,

103:4 wat jou lewe verlos van die verderf, wat jou kroon met goedertierenheid en barmhartighede,

103:5 wat jou siel versadig met die goeie, sodat jou jeug weer nuut word soos dié van ‘n arend.

103:6 Die HERE doen geregtigheid en reg aan almal wat verdruk word.

103:7 Hy het aan Moses sy weë bekend gemaak, aan die kinders van Israel sy dade.

103:8 Barmhartig en genadig is die HERE, lankmoedig en groot van goedertierenheid.

103:9 Hy sal nie vir altyd twis en nie vir ewig die toorn behou nie.

103:10 Hy handel met ons nie na ons sondes en vergeld ons nie na ons ongeregtighede nie.

103:11 Want so hoog as die hemel is bo die aarde, so geweldig is sy goedertierenheid oor die wat Hom vrees.

103:12 So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

103:13 Soos ‘n vader hom ontferm oor die kinders, so ontferm die HERE Hom oor die wat Hom vrees.

103:14 Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is.

103:15 Die mens- soos die gras is sy dae; soos ‘n blom van die veld, so bloei hy.

103:16 As die wind daaroor gaan, is dit nie meer nie en sy plek ken hom nie meer nie.

103:17 Maar die goedertierenheid van die HERE is van ewigheid tot ewigheid oor die wat Hom vrees, en sy geregtigheid vir kindskinders,

103:18 vir die wat sy verbond hou en aan sy bevele dink om dié te doen.

103:19 Die HERE het sy troon in die hemel gevestig, en sy koninkryk heers oor alles.

103:20 Loof die HERE, sy engele, kragtige helde wat sy woord volbring, in gehoorsaamheid aan die stem van sy woord!

103:21 Loof die HERE, al sy leërskare, sy dienaars wat sy welbehae doen!

103:22 Loof die HERE, al sy werke, op al die plekke van sy heerskappy! Loof die HERE, o my siel!