We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: Eternal Combustion Protection

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 68:1-36.

Index: Afrikaans

 

Psalms 68

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

68:1 Vir die musiekleier. Van Dawid. ‘n Psalm. ‘n Lied.

68:2 God staan op, sy vyande raak verstrooid, en sy haters vlug voor sy aangesig weg!

68:3 Soos rook verdryf word, verdryf U hulle; soos was smelt voor die vuur, vergaan die goddelose voor die aangesig van God.

68:4 Maar die regverdiges is bly, hulle juig voor die aangesig van God, en hulle is vrolik met blydskap.

68:5 Sing tot eer van God, psalmsing tot eer van sy Naam, vul die pad op vir Hom wat deur die woestynvlaktes ry: HERE is sy Naam; en jubel voor sy aangesig!

68:6 ‘n Vader van die wese en ‘n regter van die weduwees is God in sy heilige woning.

68:7 God laat die eensames woon in ‘n huisgesin, Hy lei die gevangenes uit in voorspoed; maar die wederstrewiges woon in ‘n dor land.

68:8 o God, toe U uitgetrek het voor u volk, toe U voortgestap het in die wildernis, Sela,

68:9 het die aarde gebewe! Ook het die hemele gedrup voor die aangesig van God; hierdie Sinai voor die aangesig van God, die God van Israel!

68:10 Met ‘n milde reën het U, o God, u erfdeel besproei; en toe dit moeg was, het U dit versterk.

68:11 U skare het daarin gewoon; U het dit in u goedheid berei vir die ellendige, o God!

68:12 Die Here het die woord laat hoor- die vroue wat die goeie tyding gebring het, was ‘n groot skare:

68:13 Die konings van die leërskare vlug, hulle vlug; en sy wat tuis gebly het, verdeel die buit.

68:14 As julle daar lê tussen die veekrale, is die vlerke van die duif oordek met silwer en sy vleuels met liggroen goud.

68:15 Toe die Almagtige konings daarin verstrooi het, het dit gesneeu op Salmon.

68:16 ‘n Berg van God is die berg Basan, ‘n berg met toppe is die berg Basan.

68:17 Waarom kyk julle afgunstig, o berge met toppe, na die berg wat God begeer het vir sy woning? Ja, die HERE sal daar woon tot in ewigheid.

68:18 Die waens van God is tien duisende, duisend maal duisende; die Here is onder hulle; dit is Sinai in heiligheid.

68:19 U het opgeklim na die hoogte, U het gevangenes weggevoer, U het geskenke geneem onder die mense; ja, ook wederstrewiges om daar te woon, o HERE God!

68:20 Geloofd sy die Here! Dag ná dag dra Hy ons; God is ons heil! Sela.

68:21 God is vir ons ‘n God van verlossinge, en die HERE Here het uitkomste teen die dood.

68:22 Gewis, God sal die kop van sy vyande verbrysel, die harige skedel van hom wat in sy sondeskuld rondwandel.

68:23 Die Here het gesê: Ek sal terugbring uit Basan, Ek sal terugbring uit die dieptes van die see;

68:24 sodat jy jou voet kan steek in bloed, die tong van jou honde van die vyande sy deel kan hê.

68:25 o God, hulle sien u optogte, die optogte van my God, my Koning in die heiligdom.

68:26 Vooraan gaan die sangers, daaragter die snaarspelers, tussen jongmeisies in wat die tamboeryn slaan.

68:27 Loof God, die Here, in die vergaderinge, julle wat is uit die fontein van Israel!

68:28 Daar is Benjamin, die kleinste, wat oor hulle geheers het; die vorste van Juda- hulle menigte; die vorste van Sébulon, die vorste van Náftali.

68:29 Jou God het jou sterkte gebied: betoon U sterk, o God, wat vir ons gewerk het!

68:30 Ter wille van u tempel in Jerusalem sal die konings aan U geskenke bring.

68:31 Dreig die wilde gedierte van die riet- die trop stiere saam met die kalwers van die volke- die wat hulleself onderwerp met stukke silwer. Hy het die volke verstrooi wat lus het in oorloë.

68:32 Edeles sal uit Egipte kom, Kus sal haastig sy hande uitsteek na God.

68:33 o Koninkryke van die aarde, sing tot eer van God; psalmsing tot eer van die Here! Sela.

68:34 Van Hom wat ry in die hoogste hemele, wat uit die voortyd is; kyk, Hy verhef sy stem, ‘n magtige stem.

68:35 Gee sterkte aan God! Sy hoogheid is oor Israel en sy sterkte in die wolke.

68:36 Vreeslik is God uit jou heiligdomme, o Israel! Die God van Israel- Hy gee aan die volk sterkte en kragte. Geloofd sy God!