We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

People are funny, they want the front of the bus, the middle of the road, and the back of the church.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 31:1-25.

Index: Afrikaans

 

Psalms 31

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

31:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid.

31:2 By U, o HERE, skuil ek; laat my nooit beskaamd staan nie. Bevry my deur u geregtigheid.

31:3 Neig u oor tot my, red my gou; wees vir my ‘n rots om in te vlug, ‘n baie vaste huis om my te verlos.

31:4 Want U is my rots en my bergvesting; en om u Naam ontwil sal U my lei en my bestuur.

31:5 U sal my laat uitgaan uit die net wat hulle vir my gespan het, want U is my toevlug.

31:6 In u hand gee ek my gees oor; U het my verlos, HERE, God van trou.

31:7 Ek haat die wat nietige afgode vereer, maar ék vertrou op die HERE.

31:8 Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het

31:9 en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan.

31:10 Wees my genadig, HERE, want ek is benoud; van verdriet het my oog mat geword, my siel en my liggaam.

31:11 Want my lewe kwyn weg van kommer en my jare van gesug; my krag struikel deur my ongeregtigheid, en my gebeente teer uit.

31:12 Vanweë al my teëstanders het ek ‘n voorwerp van smaad geword, ja, grootliks vir my bure, en ‘n voorwerp van skrik vir my bekendes; die wat my op straat sien, vlug weg van my af.

31:13 Ek is vergeet uit die hart, soos ‘n dooie; ek het geword soos ‘n ding wat lê en vergaan.

31:14 Want ek het die skindertaal van baie gehoor- skrik rondom! – terwyl hulle saam raad hou teen my; hulle is van plan om my lewe te neem.

31:15 Maar ék vertrou op U, o HERE! Ek sê: U is my God.

31:16 My tye is in u hand; red my uit die hand van my vyande en van my vervolgers.

31:17 Laat u aangesig skyn oor u kneg, verlos my deur u goedertierenheid.

31:18 HERE, laat my nie beskaamd staan nie, want ek roep U aan; laat die goddelose beskaamd staan, laat hulle verstom in die doderyk!

31:19 Laat die valse lippe stom word wat in trotsheid en veragting onbeskaamd spreek teen die regverdige.

31:20 o, Hoe groot is u goedheid wat U weggelê het vir die wat U vrees, wat U uitgewerk het vir die wat by U skuil, in teenwoordigheid van die mensekinders!

31:21 U verberg hulle in die skuilplek van u aangesig vir die samesweringe van mense; U steek hulle weg in ‘n hut vir die twis van die tonge.

31:22 Geloofd sy die HERE, want Hy het sy goedertierenheid aan my wonderbaar gemaak, in ‘n vaste stad.

31:23 Ek tog het in my angs gesê: Ek het verdwyn, weg van u oë; nogtans het U die stem van my smekinge gehoor toe ek U aangeroep het om hulp.

31:24 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel.

31:25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!