Index: Afrikaans

 

Psalms 66

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

66:1 Vir die musiekleier. ‘n Lied. ‘n Psalm. Juig tot eer van God, o ganse aarde!

66:2 Besing die eer van sy Naam, maak heerlik sy lofsang!

66:3 Sê tot God: Hoe vreeslik is u werke! Deur die grootheid van u sterkte sal u vyande kruipende na U toe kom.

66:4 Laat die hele aarde U aanbid en psalmsing tot u eer; laat dit u Naam verhef in psalmgesang. Sela.

66:5 Kom en aanskou die dade van God, Hy wat gedug is in werking oor die mensekinders.

66:6 Hy het die see verander in droë land; hulle het te voet deur die rivier gegaan. Daar was ons bly in Hom.

66:7 Hy heers vir ewig deur sy mag; sy oë hou wag oor die nasies. Laat die wederstrewiges hulleself nie verhef nie. Sela.

66:8 Loof, volke, onse God, en laat hoor die stem wat Hom roem-

66:9 wat aan ons siel die lewe gee en nie toelaat dat ons voet wankel nie.

66:10 Want U het ons getoets, o God, U het ons gelouter soos ‘n mens silwer louter.

66:11 U het ons in die net gebring, ‘n swaar las op ons heupe gelê.

66:12 U het mense oor ons hoof laat ry; ons het in die vuur en in die water gekom, maar U het ons uitgelei in die oorvloed.

66:13 Ek sal met brandoffers in u huis ingaan; ek sal U my geloftes betaal,

66:14 wat my lippe geuit en my mond uitgespreek het toe ek benoud was.

66:15 Brandoffers van vet diere sal ek U bring saam met offerrook van ramme; ek sal beeste saam met bokke berei. Sela.

66:16 Kom luister, en laat my vertel, julle almal wat God vrees, wat Hy aan my siel gedoen het.

66:17 Ek het Hom aangeroep met my mond, en lofgesang was onder my tong.

66:18 As ek ongeregtigheid bedoel het in my hart, sou die Here nie gehoor het nie.

66:19 Waarlik, God het gehoor; Hy het geluister na die stem van my gebed.

66:20 Geloofd sy God wat my gebed nie afgewys en sy goedertierenheid aan my nie onttrek het nie!