We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Don't wait for six strong men to take you to church.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 92:1-16.

Index: Afrikaans

 

Psalms 92

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

92:1 ‘n Psalm. ‘n Lied vir die sabbatdag.

92:2 Dit is goed om die HERE te loof en tot eer van u Naam te psalmsing, o Allerhoogste,

92:3 om in die môre u goedertierenheid te verkondig en u getrouheid in die nagte;

92:4 by die tiensnarige instrument en by die harp, by snarespel op die siter.

92:5 Want U het my bly gemaak, HERE, deur u dade; ek jubel oor die werke van u hande.

92:6 Hoe groot is u werke, o HERE; baie diep is u gedagtes!

92:7 ‘n Dom mens weet nie, en ‘n dwaas verstaan dit nie:

92:8 as die goddelose mense groei soos die plante en al die werkers van ongeregtigheid bloei, is dit om hulle vir ewig te verdelg.

92:9 Maar U is hoog verhewe tot in ewigheid, HERE!

92:10 Want kyk, u vyande, o HERE, want kyk, u vyande sal vergaan; al die werkers van ongeregtigheid sal verstrooi word.

92:11 Maar U verhoog my horing soos van ‘n buffel; ek is met vars olie gesalf.

92:12 En my oog sien met welgevalle neer op die wat my voorlê, my ore hoor van die wat teen my as kwaaddoeners opstaan.

92:13 Die regverdige sal groei soos ‘n palmboom; hy sal opgroei soos ‘n seder op die Líbanon.

92:14 Geplant in die huis van die HERE, sal hulle groei in die voorhowe van onse God.

92:15 In die gryse ouderdom sal hulle nog vrugte dra, hulle sal vet en groen wees,

92:16 om te verkondig dat die HERE reg is, my rots, en in Hom is geen onreg nie.