We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

If it doesn't lead to Jesus, it doesn't lead to God

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 37:1-40.

Index: Afrikaans

 

Psalms 37

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

37:1 ‘n Psalm van Dawid. Alef. Wees nie toornig op die kwaaddoeners nie, beny hulle nie wat onreg doen nie;

37:2 want soos gras sal hulle gou verwelk, en soos groen grasspruitjies sal hulle verdroog.

37:3 Bet. Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid,

37:4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

37:5 Gimel. Laat jou weg aan die HERE oor en vertrou op Hom, en Hy sal dit uitvoer;

37:6 en Hy sal jou geregtigheid laat voortkom soos die lig en jou reg soos die middag.

37:7 Dalet. Swyg voor die HERE en verwag Hom; wees nie toornig op hom wat voorspoedig in sy weg is nie, op die man wat listige planne uitvoer nie.

37:8 He. Laat staan die toorn en verlaat die grimmigheid; wees nie toornig nie: dit is net om kwaad te stig.

37:9 Want die kwaaddoeners sal uitgeroei word; maar die wat die HERE verwag, hulle sal die aarde besit.

37:10 Wau. En nog ‘n klein rukkie en die goddelose sal daar nie wees nie; ja, jy sal ag gee op sy plek, maar hy sal daar nie wees nie.

37:11 Die ootmoediges daarenteen sal die aarde besit en hulle verlustig oor groot vrede.

37:12 Sajin. Die goddelose bedink listige planne teen die regverdige en kners met sy tande teen hom.

37:13 Die Here lag oor hom, want Hy sien dat sy dag kom.

37:14 Get. Die goddelose het die swaard getrek en hulle boog gespan om die ellendige en behoeftige te laat val, om dié te slag wat opreg is van weg.

37:15 Hulle swaard sal in hul hart gaan, en hulle boë sal verbreek word.

37:16 Tet. ‘n Klein bietjie is vir die regverdige beter as die rykdom van baie goddelose;

37:17 want die arms van die goddelose sal verbreek word, maar die HERE ondersteun die regverdiges.

37:18 Jod. Die HERE ken die dae van die opregtes, en hulle erfdeel sal tot in ewigheid bly.

37:19 Hulle sal nie beskaamd staan in die slegte tyd nie, en in dae van hongersnood sal hulle versadig word.

37:20 Kaf. Maar die goddelose sal omkom en die vyande van die HERE soos die prag van die weivelde; hulle verdwyn soos rook, hulle verdwyn.

37:21 Lamed. Die goddelose leen en gee nie terug nie, maar die regverdige ontferm hom en gee;

37:22 want die wat deur Hom geseën word, sal die aarde besit; maar die wat deur Hom vervloek word, sal uitgeroei word.

37:23 Mem. Deur die HERE word die gange van ‘n man bevestig, en Hy het ‘n welbehae in sy weg.

37:24 As hy val, dan stort hy nie neer nie; want die HERE ondersteun sy hand.

37:25 Noen. Ek was jonk, ook het ek oud geword, maar nooit het ek die regverdige verlate gesien, of dat sy nageslag brood soek nie.

37:26 Die hele dag ontferm hy hom en leen uit, en sy nageslag is ‘n seën.

37:27 Samek. Wyk af van wat kwaad is, en doen wat goed is, en jy sal vir ewig woon;

37:28 want die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar, maar die nageslag van die goddelose word uitgeroei.

37:29 Die regverdiges sal die aarde besit en vir ewig daarop woon.

37:30 Pe. Die mond van die regverdige verkondig wysheid, en sy tong spreek wat reg is.

37:31 Die wet van sy God is in sy hart; sy gange sal nie wankel nie.

37:32 Sade. Die goddelose loer op die regverdige en soek om hom dood te maak.

37:33 Die HERE gee hom nie oor in sy hand nie, en Hy veroordeel hom nie as hy gerig word nie.

37:34 Kof. Wag op die HERE en hou sy weg, en Hy sal jou verhoog, om die aarde te besit; jy sal met welgevalle neersien op die uitroeiing van die goddelose mense.

37:35 Resj. Ek het die goddelose gesien, ‘n geweldenaar, terwyl hy hom uitbrei soos ‘n groen inlandse boom.

37:36 Toe gaan iemand verby, en kyk, hy was daar nie; en ek het hom gesoek, maar hy was nie te vinde nie.

37:37 Sjin. Let op die vrome en kyk na die opregte, want daar is ‘n toekoms vir die man van vrede.

37:38 Maar die oortreders word tesame verdelg; die toekoms van die goddelose word afgesny.

37:39 Tau. Maar die hulp van die regverdiges is van die HERE, hulle toevlug in tyd van benoudheid.

37:40 En die HERE help hulle en red hulle; Hy red hulle van die goddelose mense en verlos hulle, want hulle skuil by Hom.