We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Religion is external, faith is internal.

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 57:1-12.

Index: Afrikaans

 

Psalms 57

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

57:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Moenie verwoes nie. Van Dawid. ‘n Gedig, toe hy vir Saul in die spelonk gevlug het.

57:2 Wees my genadig, o God, wees my genadig, want by U het my siel geskuil, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het.

57:3 Ek roep God, die Allerhoogste, aan, God wat dit vir my voleindig.

57:4 Hy sal uit die hemel stuur en my verlos terwyl hy wat my vertrap, my smaadheid aandoen. Sela. God sal sy goedertierenheid en sy trou stuur.

57:5 Ék moet onder leeus lê, wraakgieriges, mensekinders wie se tande spiese en pyle is, en wie se tong ‘n skerp swaard is.

57:6 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!

57:7 Hulle het ‘n net gespan vir my voetstappe, hulle het my siel neergebuig; hulle het ‘n kuil voor my gegrawe, hulle val daar binne-in. Sela.

57:8 My hart is gerus, o God, my hart is gerus; ek wil sing en psalmsing.

57:9 Waak op, my eer! Waak op, harp en siter! Ek wil die dageraad wakker maak!

57:10 Ek wil U loof onder die volke, o Here, psalmsing tot u eer onder die nasies.

57:11 Want u goedertierenheid is groot tot by die hemele en u trou tot by die wolke.

57:12 Verhef U bo die hemele, o God, u heerlikheid bo die hele aarde!