We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

This is the day the Lord has made! Be glad!

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 74:1-23.

Index: Afrikaans

 

Psalms 74

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

74:1 ‘n Onderwysing van Asaf. o God, waarom het U vir altyd verstoot? Waarom rook u toorn teen die skape van u weide?

74:2 Dink aan u vergadering wat U in die voortyd verwerf het, wat U verlos het om die stam van u erfdeel te wees, aan die berg Sion waar U op gewoon het.

74:3 Hef u voete op na die ewige puinhope: alles het die vyand in die heiligdom verniel.

74:4 U teëstanders het binne-in u vergaderplek gebrul; hulle het hul tekens as tekens gestel.

74:5 Dit lyk soos wanneer iemand byle omhoog hef in ‘n digte plek bome.

74:6 En nou- die houtsnywerk daarvan het hulle alles met byl en hamers stukkend geslaan.

74:7 Hulle het u heiligdom aan die brand gesteek; tot die grond toe het hulle die woonplek van u Naam ontheilig.

74:8 Hulle het in hul hart gesê: Laat ons hulle almal saam onderdruk! Hulle het al die vergaderplekke van God in die land verbrand.

74:9 Ons sien nie ons tekens nie; daar is geen profeet meer nie, en by ons is daar niemand wat weet hoe lank nie.

74:10 Hoe lank, o God, sal die teëstander smaad aandoen, sal die vyand u Naam vir altyd verag?

74:11 Waarom trek U u hand, ja, u regterhand, terug? Trek dit uit u boesem! Vernietig!

74:12 Nogtans is God my Koning van die voortyd af, wat verlossinge werk op die aarde.

74:13 U het deur u sterkte die see geklief; U het die koppe van die seemonsters op die waters verbreek.

74:14 U het die koppe van die Leviátan verbrysel; U het hom gegee as voedsel vir ‘n volk- vir woestyndiere.

74:15 U het fontein en stroom oopgeslaan; U het standhoudende riviere laat opdroog.

74:16 Aan U behoort die dag, aan U behoort ook die nag; U het hemelligte en son vasgestel.

74:17 U het al die grense van die aarde bepaal; somer en winter, U het hulle geformeer.

74:18 Dink hieraan: Die vyand het die HERE gesmaad, en ‘n dwase volk het u Naam verag.

74:19 Gee aan die wilde diere die siel van u tortelduif nie oor nie; vergeet nie vir altyd die lewe van u ellendiges nie.

74:20 Aanskou die verbond, want die donker plekke van die land is vol wonings van geweld.

74:21 Laat die verdrukte nie beskaamd terugkom nie; laat die ellendige en behoeftige u Naam prys.

74:22 Staan op, o God, verdedig u saak; dink aan die smaad wat U die hele dag aangedoen word deur ‘n dwaas.

74:23 Vergeet nie die geroep van u teëstanders nie- die rumoer van u opstandige vyande, wat altyddeur opgaan!