We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Practice Safe Sex: get Married and be faithful!

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 89:1-53.

Index: Afrikaans

 

Psalms 89

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

89:1 ‘n Onderwysing van Etan, die Esrahiet.

89:2 Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag.

89:3 Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele- daar bevestig U u trou.

89:4 Ek het ‘n verbond gesluit met my uitverkorene, met ‘n eed aan Dawid, my kneg, belowe:

89:5 Tot in ewigheid sal Ek jou nageslag bevestig en jou troon opbou van geslag tot geslag. Sela.

89:6 En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.

89:7 Want wie kan in die hemel met die HERE vergelyk word? Wie is soos die HERE onder die hemelinge,

89:8 ‘n God grootliks gedug in die raad van die heiliges en vreeslik bo almal wat rondom Hom is?

89:9 o HERE, God van die leërskare, wie is soos U? Grootmagtig is U, o HERE, en u trou is rondom U!

89:10 U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.

89:11 U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi.

89:12 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid- U het dit gegrond.

89:13 Die noorde en die suide- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam.

89:14 U het ‘n arm met mag; u hand is sterk, u regterhand verhewe.

89:15 Geregtigheid en reg is die grondslag van u troon; goedertierenheid en trou gaan voor u aangesig uit.

89:16 Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig.

89:17 In u Naam juig hulle die hele dag, en deur u geregtigheid word hulle verhef.

89:18 Want U is hulle magtige sieraad, en deur u welbehae word ons horing verhef.

89:19 Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel.

89:20 Toe het U in ‘n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan ‘n held, ‘n uitverkorene uit die volk verhef.

89:21 Ek het Dawid, my kneg, gevind, met my heilige olie hom gesalf,

89:22 met wie my hand bestendig sal wees; ook sal my arm hom versterk.

89:23 Die vyand sal hom nie oorval en die kwaaddoener hom nie verdruk nie;

89:24 maar Ek sal sy teëstanders voor hom weg verpletter; en die wat hom haat, sal Ek verslaan.

89:25 En my trou en my goedertierenheid sal met hom wees, en deur my Naam sal sy horing verhef word.

89:26 En Ek sal sy hand lê op die see en sy regterhand op die riviere.

89:27 Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil!

89:28 Ja, Ék sal hom ‘n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde.

89:29 Vir ewig sal Ek my goedertierenheid vir hom bewaar, en my verbond bly vir hom vas.

89:30 En Ek sal sy nageslag vir ewig laat duur en sy troon soos die dae van die hemel.

89:31 As sy kinders my wet verlaat en in my regte nie wandel nie;

89:32 as hulle my insettinge ontheilig en my gebooie nie hou nie,

89:33 dan sal Ek hulle oortreding met die roede besoek en met plae hulle ongeregtigheid.

89:34 Maar my goedertierenheid sal Ek van hom nie wegneem en my trou nie verbreek nie.

89:35 Ek sal my verbond nie ontheilig nie, en wat oor my lippe gegaan het, sal Ek nie verander nie.

89:36 Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie!

89:37 Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My.

89:38 Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan, en die getuie in die hemel is getrou. Sela.

89:39 Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde.

89:40 U het die verbond van u kneg tot niet gemaak, U het sy kroon ontheilig teen die grond.

89:41 U het al sy mure stukkend gebreek, sy vestings ‘n puinhoop gemaak.

89:42 Almal wat met die pad verbygaan, het hom beroof; vir sy bure het hy ‘n smaad geword.

89:43 U het die regterhand van sy teëstanders verhef, al sy vyande bly gemaak.

89:44 Ook het U die skerpte van sy swaard laat omdraai en hom nie laat standhou in die geveg nie.

89:45 U het aan hom sy glans onttrek en sy troon teen die grond neergewerp.

89:46 U het die dae van sy jeug verkort, hom met skaamte oordek. Sela.

89:47 Hoe lank sal U, o HERE, Uself vir altyd verberg, sal u grimmigheid brand soos ‘n vuur?

89:48 Gedenk van watter lewensduur ek is, tot watter nietigheid U al die mensekinders geskape het!

89:49 Watter mens leef daar wat die dood nie sal sien nie, wat sy siel sal kan red uit die mag van die doderyk? Sela.

89:50 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met ‘n eed beloof het in u trou?

89:51 Gedenk, Here, die smaad van u knegte, hoe ek in my boesem dra die smaad van al die baie volke,

89:52 waarmee u vyande, o HERE, smaad, waarmee hulle die voetstappe van u gesalfde smaad.

89:53 Geloofd sy die HERE vir ewig! Amen, ja amen.