We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

The Wages of Sin is Death. Repent Before Payday

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 139:1-24.

Index: Afrikaans

 

Psalms 139

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

139:1 Vir die musiekleier. ‘n Psalm van Dawid. HERE, U deurgrond en ken my.

139:2 U ken my sit en my opstaan; U verstaan van ver my gedagte.

139:3 U deurvors my gaan en my lê, en U is met al my weë goed bekend.

139:4 Want daar is nog geen woord op my tong nie- of U, HERE, U ken dit geheel en al.

139:5 U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my.

139:6 Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.

139:7 Waar sou ek heengaan van u Gees en waarheen vlug van u aangesig?

139:8 Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar!

139:9 Neem ek die vleuels van die dageraad, gaan ek by die uiteinde van die see woon,

139:10 ook daar sou u hand my lei en u regterhand my vashou.

139:11 En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig.

139:12 dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag,die duisternis is soos die lig.

139:13 Want U het my niere gevorm, my in my moeder se skoot geweef.

139:14 Ek loof U, omdat ek so vreeslik wonderbaar is; wonderbaar is u werke! En my siel weet dit alte goed.

139:15 My gebeente was vir U nie verborge toe ek in die geheim gemaak is nie, kunstig geweef in die dieptes van die aarde.

139:16 U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal opgeskrywe: dae dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie.

139:17 Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie!

139:18 Wil ek hulle tel, hulle is meer as die sand; word ek wakker, dan is ek nog by U.

139:19 o God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg!

139:20 Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef- u teëstanders!

139:21 HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en ‘n afsku hê van die wat teen U opstaan nie?

139:22 Ek haat hulle met ‘n volkome haat; vyande is hulle vir my!

139:23 Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes;

139:24 en kyk of daar by my ‘n weg is van smart, en lei my op die ewige weg!