We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Jesus: add a whole new dimension to your life

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 22:1-32.

Index: Afrikaans

 

Psalms 22

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

22:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: Die hert van die dageraad. ‘n Psalm van Dawid.

22:2 My God, my God, waarom het U my verlaat, ver van my hulp, van die woorde van my gebrul?

22:3 My God, ek roep bedags, maar U antwoord nie; en snags, en ek kan nie swyg nie.

22:4 Tog is U die Heilige wat woon onder die lofsange van Israel!

22:5 Op U het ons vaders vertrou; hulle het vertrou, en U het hulle uitgered.

22:6 Hulle het U aangeroep en het ontvlug; op U het hulle vertrou en nie beskaamd gestaan nie.

22:7 Maar ek is ‘n wurm en geen man nie, ‘n smaad van die mense en verag deur die volk.

22:8 Almal wat my sien, spot met my; hulle steek die lip uit, hulle skud die hoof en sê:

22:9 Laat dit aan die HERE oor! Laat Hy hom red, laat Hy hom bevry: Hy het mos behae in hom!

22:10 Ja, U is dit wat my uit die moederskoot uitgetrek het, wat my veilig laat rus het aan my moeder se bors.

22:11 Aan U is ek oorgegee van die geboorte af; van die skoot van my moeder af is U my God.

22:12 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie.

22:13 Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring.

22:14 Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ‘n leeu wat verskeur en brul.

22:15 Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande.

22:16 My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood.

22:17 Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe.

22:18 Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer!

22:19 Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad.

22:20 Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help!

22:21 Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond.

22:22 Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor!

22:23 Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.

22:24 Julle wat die HERE vrees, prys Hom! Al die nakomelinge van Jakob, vereer Hom! Ja, vrees Hom, al die nakomelinge van Israel!

22:25 Want Hy het die ellende van die ellendige nie verag of verfoei en sy aangesig vir hom nie verberg nie; maar Hy het gehoor toe dié Hom aangeroep het om hulp.

22:26 Van U kom my lof in ‘n groot vergadering; ek sal my geloftes betaal in teenwoordigheid van die wat Hom vrees.

22:27 Die ootmoediges sal eet en versadig word; húlle sal die HERE prys wat na Hom soek; mag julle hart vir ewig lewe!

22:28 Al die eindes van die aarde sal daaraan dink en hulle tot die HERE bekeer, en al die geslagte van die nasies sal voor u aangesig aanbid.

22:29 Want die koninkryk behoort aan die HERE, en Hy heers oor die nasies.

22:30 Al die grotes van die aarde sal eet en aanbid; almal wat in die stof neerdaal, sal voor sy aangesig kniel en hy wat sy siel nie in die lewe kan hou nie.

22:31 ‘n Nageslag sal Hom dien; dit sal vertel word van die HERE aan die volgende geslag.

22:32 Hulle sal aankom en sy geregtigheid verkondig aan die volk wat gebore word; want Hy het dit gedoen.