We Love God!

God: "I looked for someone to take a stand for me, and stand in the gap" (Ezekiel 22:30)

Today’s emphasis on packaging the gospel according to cultural demands doesn’t beautify truth but dresses up error.
Jerry Wragg

Bible – Afrikaans – Psalms Chapter 33:1-22.

Index: Afrikaans

 

Psalms 33

[1]
[2]
[3]
[4]
[5]
[6]
[7]
[8]
[9]
[10]
[11]
[12]
[13]
[14]
[15]
[16]
[17]
[18]
[19]
[20]
[21]
[22]
[23]
[24]
[25]
[26]
[27]
[28]
[29]
[30]
[31]
[32]
[33]
[34]
[35]
[36]
[37]
[38]
[39]
[40]
[41]
[42]
[43]
[44]
[45]
[46]
[47]
[48]
[49]
[50]
[51]
[52]
[53]
[54]
[55]
[56]
[57]
[58]
[59]
[60]
[61]
[62]
[63]
[64]
[65]
[66]
[67]
[68]
[69]
[70]
[71]
[72]
[73]
[74]
[75]
[76]
[77]
[78]
[79]
[80]
[81]
[82]
[83]
[84]
[85]
[86]
[87]
[88]
[89]
[90]
[91]
[92]
[93]
[94]
[95]
[96]
[97]
[98]
[99]
[100]
[101]
[102]
[103]
[104]
[105]
[106]
[107]
[108]
[109]
[110]
[111]
[112]
[113]
[114]
[115]
[116]
[117]
[118]
[119]
[120]
[121]
[122]
[123]
[124]
[125]
[126]
[127]
[128]
[129]
[130]
[131]
[132]
[133]
[134]
[135]
[136]
[137]
[138]
[139]
[140]
[141]
[142]
[143]
[144]
[145]
[146]
[147]
[148]
[149]
[150]

33:1 o Regverdiges, jubel in die HERE! ‘n Loflied betaam die opregtes.

33:2 Loof die HERE met die siter; psalmsing tot sy eer met die tiensnarige harp.

33:3 Sing tot sy eer ‘n nuwe lied; speel goed met trompetgeklank.

33:4 Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou.

33:5 Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE.

33:6 Deur die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër.

33:7 Hy versamel die waters van die see soos ‘n hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers.

33:8 Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees;

33:9 want Hy het gespreek, en dit was; Hy het gebied, en dit staan.

33:10 Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke.

33:11 Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag.

33:12 Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het.

33:13 Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders.

33:14 Uit sy woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde,

33:15 Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke.

33:16 ‘n Koning word nie verlos deur ‘n groot leër, ‘n held nie gered deur groot krag nie.

33:17 Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie.

33:18 Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag;

33:19 om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood.

33:20 Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild;

33:21 want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou.

33:22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!